
=====================================================================
Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Moedertaal doen flinke WWW

  Afrikaans is reeds die snelsgroeiende Internet taal in ons land, skryf Stefanie Hefer. AAAA Afrikaans. By uitstek 'n indrukwekkend ryk 
geskakeerde kommunikasietaal, 'n taal wat sonder omhaal elke beskikbare medium aangryp en bloots ry, 'n taal met gebruikers wat 'n gaping 
sien en hom vat ...

Kyk op watter gebiede is Afrikaans met toenemende gemak tuis: hy lees voortreflik, speel heerlik toneel, sing en lag en huil gevoelvol, 
tref behendig relings, debatteer hartstogtelik, knoop reuse-saketransaksies, gee hom sonder skroom oor aan smaak-orgies, borrel uit in 
nuwe Afrikaanse TV-kanale, skenk die lewe aan Afrikaanse kunstefeeste; laat reklame-clichs opnuut knetter deur bloot 'n eg-Afrikaanse 
vonkel by te roer; kortom, 'n taal wat strykdeur afskaling-uitdagings as opwindende hupstote benut.

Dan is dit voor die hand liggend dat Afrikaans, getrou aan sy reeds bewese ondernemersgees, sy kaalvoet-oor-die-Drakensberge-
deursettingsvermo, 'n allesomvattende, inklusiewe nuwe medium wat skielik voor sy voete kom l, gaan optel en met hom hardloop. 'n Medium 
soos die Internet, nog in sy kinderskoene in Suid-Afrika, maar reeds deur Afrikaanses herken as die grootste inligtingsontploffing in die 
moderne wreld. Die een medium waar jy elke vorm van kommunikasie op een enkele plek in jou eie taal kan beoefen (met verloopte, 
verlangende Afrikaanssprekendes regoor die wreld!) -- jy kan skryf, lees, kyk, skinder, koekeloer, luister, speel, inkopies en navorsing 
doen, versekering, banksake en bestellings afhandel, liefde vind en verloor ...

Jy kan nuwe idees van bome pluk en as diens op die Internet aanbied in die moedertaal, sonder die kwelling van verlammende drukkoste, 
verspreidingskoste en infrastrukture. Jy kan ruilhoekies skep, driedimensionele motorbestuurstoetse en videosnitte van vakansiebestemmings 
(sommer met klankbaan ook) op die Internet gooi, aanlyn-veilings rel. Inderdaad 'n ruimte vir idees onbeperk.

En dink ons in die rigting van gelyke onderwysgeleenthede: woordeboeke, ensiklopedie, naslaanwerk word skielik toeganklik vir elke 
skoolkind en student, met wonderlike potensiaal vir die oplos van die onderwyskrisis landwyd.

Daar was van vroeg af al min twyfel dat Afrikaanssprekendes not 'n wiel 'n geleentheid soos die Internet by hulle sou laat verbygaan. 
Afrikaans was nog altyd 'n woekertaal, en as die tegnologie vir 'n mens 'n wonderlike draaibal-verrassing soos die Internet gooi, is daar 
net n ding vir Afrikaans om te doen: kies die kortpad na ekonomiese en taaloorlewing. Slaan hom vir 'n ses!

Naspers, wat spog met die grootste versameling toonaangewende Afrikaanse dagblaaie, tydskrifte, uitgewerye en aanvullende dienste, het 
nooit getwyfel oor die krag van Afrikaans en die onverskrokkenheid van sy gebruikers nie. Afrikaans se plek is lankal op die Internet 
bespreek toe die dagblaaie en tydskrifte een-een hul inligting vryelik op die Net begin beskikbaar stel het. Naspers het besluit om dit 
saam te bind in die Internet portaal www.24.com, 'n vriendelike aankomssaal vir Internet gebruikers waar inligting en dienste maklik 
toeganklik en gratis aangebied word.

Die sukses van 24.com -- en toenemende getalle Afrikaanssprekende besoekers aan die portaal -- het gelei tot die oorskuif van 24.com na die 
sustersmaatskappy en Internet diensverskaffer M-Web, om alle ontwikkelinge op die gebied van inligtingstegnologie onder een dak te kry en 
optimaal te benut. En Afrikaans op die Net het onmiddellik momentum gekry in die vorm van 'n Afrikaanse kanaal op beide 24.com en die M-Web 
portaal, www.mweb.co.za.

Op afrikaans.24.com kry jy onder meer reeds snelskakels na al die grootste Afrikaanse dagblaaie en tydskrifte, na Litnet -- unieke 
Afrikaanse literre Internet tydskrif -- musiek- en boekklubs (met wonderlike afslagaanbiedinge), die reuse-aanlyn-boekwinkel Kalahari.net, 
mediese en tuinbouraad deur deskundiges en nog hope goed. Nuwe Afrikaanse dienste, nuusvasvrae, vennootskappe met kerk- en kultuurliggame, 
skryfskole, vuurwarm debatte en opwindende nuwe kuberkuierplekke word weekliks toegevoeg tot die reeds indrukwekkende lys aanbiedinge op 
afrikaans.24.com. Selfs kykNet, splinternuwe Afrikaanse TV kanaal, gaan daagliks en weekliks daardie ekstra myl loop op sy webruimte by 
afrikaans.24.com.

Afrikaans is die een Internet taal wat alles in die stryd werp om sinergie tussen elke vorm van inligting en vermaak te ontgin; debatte en 
kompetisies wat in een medium (soos koerante of TV) afskop, word op die Internet voortgesit en omgekeerd. 'n Taalrondomtalie dus.

Waaraan ons nog nie eens geraak het nie, is die feit dat die Internet nie alleen 'n lewensboei vir Afrikaanses wreldwyd geword het nie; 
dis asof die toetrede van die Internet tot ons lewens Afrikaans 'n tweede asem gegee het. Die taalgebruikers klim pens en pootjies in om 
nuwe woorde en begrippe te skep om ons te help navigeer deur die kuber-moeras. Skielik word blaaier, webruimtes, snelskakels, Internet 
diensverskaffer, e-handel, opkoppeling en aansluiting by die kuber-snelweg deel van ons moedertaal se groeiende, verruimde verwysingsraam.

Soos vermeld -- ons gee maar ons eerste babatreetjies wat die Internet betref. Net soos die meeste van ons 'n jaar of twee terug gedink het 
selfone is 'n luukse foefie vir die bevoorregtes, gaan die Internet binne die volgende 12 maande 'n onlosmaaklike, tydbesparende en 
absoluut noodsaaklike deel van ons daaglikse lewens word. En Afrikaanses het dit gelukkig reeds vroeg besef.

Dit laat 'n mens inderdaad brebors om jou rondkyk as jy statistieke ontvang wat daarop dui dat Afrikaans reeds die snelsgroeiende Internet 
taal in ons land is, met aanduidings dat Afrikaanssprekendes in dubbel die tempo van andertaal-sprekers tot die Internet toetree en teen 
die jaar 2004 sowat 57% van alle Suid-Afrikaanse Internet gebruikers sal uitmaak. Vat so!

Die opwindende invalshoek op die Internet is dat dit, benewens die taalverruiming wat dit impliseer, boonop nog 'n doen-ding vir Afrikaanse 
taalgebruikers skep -- gryp met vrymoedigheid daardie muis en doen die WreldWyeWikkel. Die toekoms van die taal is letterlik nou in sy 
gebruikers se hande. Besoek afrikaans.24.com, of e-pos die Afrikaans redakteur van M-Web, Marius de Jager (mdejager@mweb.com) Stefanie 
Hefer is uitvoerende inhoudshoof van M-Web Studios. shefer@mweb.com

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6413.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

